01 January 2009

Amazing

Hello all. Today's post arrived in my mail-box just over a year ago. It was written in Afrikaans and once I'd found my dictionary and worked out what it was about I enjoyed it so much that I knew that it needed to be shared. You can find the english version here.
From: Thys [mailto:xxx@xxx.com]
Sent: 17 March 2008 01:49 PM
To: Thys
Subject: Amazing!

Môre

Wat ‘n absolute antiklimaks is vandag na ‘n wonderlike naweek!

Die naweek het sommer afgeskop met die Stormers wat steeds op die wenpad is, ‘n goeie teken vir die naweek wat voorlê. Vrydag aand paar vriende oorgenooi vir ‘n braai en ons het heerlik gekuier, gesels, gelag en baie lekker aan paar varknek tjoppies gesmul. Wind was effe onplesierig/koud, maar die 8 van ons het heerlik in die sitkamer ingepas en gelag tot laataand.

Saterdag het ek rustig spandeer en wasgoed gewas, laatmiddag by Edyss gaan rugby kyk en aand by Vaughn oorkant pad gebraai.

Sondag vroeg opgestaan want dit was valskermspring dag. Die weer was sonnig met ligte suidooster, perfek vir die okasie. Ek kan eerlik waar sê dat dit een van die lekkerste dinge is wat ek nog ooit gedoen het. Was maar lekker nervous – die foto’s en dvd dien as bewys, maar wow!

Eers moes ons bietjie soek na die vliegveld in die weskus, nie baie duidelik aangetoon nie. Ons het aangemeld, betaal vir die kameramanne en toe gewag vir die groot val. Eers was dit Berlise en haar ma se beurt en met groot fanfare is hulle in die vliegtuig en in die lug. Die res van ons staan onder en kyk en wag dat hul terugkom graong toe. Na wat soos ‘n ewigheid voel kom die kamera manne toe met groot spoed in vir hul landing, want hul moet regstaan om die eintlike landing af te neem.

Die landing was nog meer fanfare as die opstyg, die verligting duidelik op hul gesigte terwyl gille van plesier deur die rustige omgewing weergalm. En toe is dit my beurt….

Sukkel om in die klein vliegtuigie te pas, bene voel lomp en is te lank. Ek sit en kyk na die agterkant van die vliegtuig en merk op dat daar kabel tussen die vliegtuig en die stert gespan is, dalk om die stert aan die vliegtuig vas te hou? Sekerlik nie, haal diep asem en probeer ontspan. Die vlug boontoe neem sowat 25 minute, ongelooflike uitsig oor Tafelberg, kaap punt, valsbaai, robben eiland. Die see se skakerings van groen en blou is amazing. As ons dan skuif sodat my harnas aan die ander vasgemaak kan word, gewaar ek 2 skroefies wat rattle. Wanneer laas is die vliegtuigie hersien? Dalk maar goeie ding dat ek MOET uitspring….

Maar as die deur op 9000 voet (3km) oopgaan en wind teen ongeveer 120km per uur inwaai twyfel ek weer as die paniek wil inskop. Haal diep asem, ontspan, DIS VREK HOOG, voete op die trappie, bene is jelly – wil nie teen die wind beweeg nie. Baie bly ek hoef nie self te spring nie, maar dat die ou aan wie ek vas is die springwerk doen – ek moet net ontspan en saam val….. So ontspan nou……. en dan is dit te laat……

Die eerste paar sekondes tol ons kop oor gat totdat hy ‘n klein skermpie los maak wat ons net help om op onse mae af te tuimel grond toe. Newton sê dat gravitasie 9.8m/sekonde is – maar ons val beslis vinniger: 2 volgroeide mans moet mos vinnger as ‘n appel val! Dan begin ek rondkyk en sien die kameraman reikafstand –high 5’s in die lug, paar gille van plesier wat ek uiter hoor ek nooit (wonder hoe die ou se ore gevoel het…) want dit waai by my verby. En hopeloos te gou is die 30 sekondes freefall iets van die verlede. Die valskerm gaan oop (strome van verligting, gelukkig net inwendig en nie teen my beed af nie) en dan glide ons rustig af grond toe.

Kort kort draai ons teen die suidooster om speod te breek, Jerry is versigtig omdat ons swaar is. Die res van die pad grond toe is heerlik, al slaan ons so dan en wan ‘n klein airpocket en voel of en val – die suidooster hou ons in die lug. Tot ons skielik ‘n groter pocket tref en Jerry ‘n vloekwoord los. Dadelik klou ek weer aan my harnas vas, maar dit was skaars ‘n sekonde, alles weer onder beheer. Op die grond wil almal toe weet hoekom ek so bleek is??????

Dit is voorwaar die lekkerste uitstappie ooit – lekkerder as scuba, lekkerder as ski in die sneeu. Die feit dat ons lekker croud gehad het dra natuurlik by, vir die 4 wat gespring het was daar seker 10-15 ander mense en kinders by. En die adrenalien pomp nog lank nadat jy op die grond is, sit net weer die dvd in en skielik is almal weer vreeslik aktief.

Laat aand by Edyss gekuier en vleisie gebraai en kort-kort die dag herleef. En vandag voel net so ordiner, doodgewoon, run of the mill. Kan nou helemal verstaan dat mens aan adrenalien verslaaf kan word…. Ek sal egter maar heelwat water in die see laat loop voordat ek weer so iets aanpak – finansies kannie so ‘n avontuurlistige lewenstyl volhou nie.

Nou toe, lekker week vir jul almal.

Thys
Ed Note: We do love to hear from you, but the comment function has been closed here. Please leave your comments and feedback here.